7 Elemente van Kuns: Kleur

Hi, Ek is die kunstenaar Lillian Gray en vandag se les gaan oor kleur.

Het jy al ooit oorweldig gevoel met kleur?  Meng jy altyd modderige, vuil kleure en voel jy oor die algemeen verlore?  Wonder jy ooit hoe sommige kunstenaars sommer net kleur verstaan?  Hulle kom op met die perfekte kleurkombinasies en dit werk elke keer?  Wel, dit is nie net kuns nie, dit is wetenskap.  Ons noem dit kleur teorie.

 In hierdie video gaan ek nie net vir jou die kleurwiel wys nie, maar ek gaan jou ook leer om dit te gebruik.  Ons gaan die basiese kleurformules, beter bekend as kleur harmonie en kleurskemas behandel.

Hierdie sal jou help om die kleurkombinasies te kies wat aantreklik is en kohesie bring in kuns.

Eerste dine eerste.  Jy moet weet dat daar verskeie kleurwiele is, afhangend van die dissipline waarmee jy besig is. So daar is verskillende kleurwiele.

Hierdie kleurwiele is belangrik, maar ons sal in ‘n ander video daaroor praat.

Hierdie video fokus op die tradisionele kleurwiel wat deur Isaac Newton ontwikkel is.

Dit is steeds die beste bron om kleurharmonie te verstaan, en hoe kleure saamwerk om pragtige kunswerke te skep.

Ons wiel gebruik 12 hoofkleure, maar ons kan ook met die kleure tussen in werk.

Kom ons begin met die basiese kleurwiel.

 Al wat jy nodig het om mee te begin is die drie primêre kleure, rooi, blou en geel.  Al die ander kleure kan gemaak word deur hierdie drie kleure te meng.

Die sekondêre kleure, pers, groen en oranje word gemaak deur die primêre kleure op verskillende maniere te meng. Rooi en blou maak pers, blou en geel maak groen en geel en rooi maak oranje.

Tersiêre kleure word gemaak deur primêre kleure en sekondêre kleure te meng.  Hierdie is rooi-oranje, rooi-pers, blou-pers, blou-groen, lemmetjiegroen en geel-oranje.

Nou het ons die basiese kleurwiel.

Om saam te vat, jy begin met die primêre kleure, meng hulle om die sekondêre kleure te kry en meng dan een van elke om die tersiêre kleure te kry.

Kom ons beweeg nou aan na kleurwoordeskat.  

Intensiteit verwys na die helderheid of dofheid van’n  kleur. Dit vertel ons hoe lewendig ‘n kleur is. Hoë intensiteit beteken die kleur is baie helder and lae intensiteit beteken die kleur lyk uitgewas en grys. Waneer ons grys by ‘n kleur voeg en dit dower maak se ons die kleur word gedegradeer.  

Toonwaarde is die graad van helderheid en donkerte in ‘n kleur. Die verskil in waardes word kontras genoem. ons maak ‘n kleur ligter deur wit by te voeg en maak dit donkerder deur swart by te voeg en skep so verskillende skakerings.

Hier is ‘n verskeidenheid van skakerings van blou wat gemaak word deur blou met verskillende hoeveelhede swart te meng.

Die kleurwiel kan in twee groepe opgedeel word:  warm kleure en koel kleure.

Wanneer kunstenaars van warm kleure praat, verwys hulle gewoonlik na rooi, oranje en geel.

Koel kleure verwys na pers, blou en groen, maar individuele kleure kan ook van temperatuur verander soos hulle om die kleurwiel beweeg, ‘n warm rooi het meer geel in en ‘n koue rooi het meer blou in.

Teenoorgestelde temperature skep ‘n visuele kontras en het verskillende psigologiese uitwerkings. Gewoonlik vertoon warm kleure helder, gelukkig en opgewek, terwyl koel kleure donker, misterieus, somber en selfs hartseer kan uitbeeld.  Dit is nie altyd die geval nie, dit hang af van hoe jy die kleure aanwend. 

Hoe gebruik ons al hierdie kleure saam?

Ons kan die 12 basiese kleure op die kleurwiel gebruik, en met ‘n paar eenvoudige formules kan jy ‘n eindelose versameling van kleurkombinasies, wat aantreklik en gebalanseer is skep.  Dit sal jou kunswerk onvergeetlik te maak.

Hierdie formules staan bekend as kleurharmonieë of kleurskemas.

As jy hierdie kleurharmonieë gebruik en verstaan kan. As jy nie kleurharmonieë gebruik nie, kan jou kuns flou, vervelig en self chaoties voorkom. Hier is sommige van die mees algemene tipes kleurskemas.

‘n  Monochromatiese kleurskema word geskep met een kleur met swart, wit of grys te meng. Hier het jy ‘n verskeidenheid skakerings van blou. Dit is een van die maklikste kleurharmonieë om te skep en dit lyk eenvoudig en georganiseerd.

Komplimentêre kleure is oorkant mekaar op die kleurwiel. Die algemeenste pare is rooi en groen, pers en geel, en oranje en blou. As jy hierdie kleure langs mekaar sit kan jy ‘n groot kontras skep wat visueel baie interessant is.  Maar net ‘n woord van waarskuwing:  Hulle kan mekaar maklik oordonder, so dit is belangrik om hulle versigtig en met vaardigheid te gebruik.

‘n Analogiese kleurskema word opgemaak deur twee tot vier kleure wat langs mekaar op die kleurwiel is. Dit is die eenvoudigste en mees aantreklikste kleurharmonieë en werk die beste as jy een dominante kleur, en dan die ander kleure as aksente gebruik.  Hier is ‘n paar voorbeelde van analogiese kleurskemas.

‘n Triadiese kleurskema word opgemaak deur drie kleure wat eweredig om die kleurwiel versprei is, soos ‘n driehoek.  Hierdie kleurkombinasie is gewoonlik lewendig en staan uit.

‘n Gesplete komplimentêre kleurskema is soortgelyk aan ‘n komplimentêre kleurskema, behalwe dat een van die kleure gesplit is in twee nabye kleure. Dit behou die hoё kontras van die komplimentêre kleurskema maar voeg ‘n bietjie verskeidenheid by.

‘n Tetradiese kleurskema word opgemaak deur vier kleure wat in twee komplimentêre pare opgebreek word.

Ek weet sommige van julle voel nou oorwelding, maar moenie bekommered wees nie.  As jy begin om hierdie metodes toe te pas sal jy ‘n intuЇsie ontwikkel vir kleur. Hierdie verskillende kleurharmonieё is ‘n goeie aanwysing om kleure te kombineer wat goed saamwerk.

Ek sê altyd vir my leerlinge “Ken eers die reëls, en dan breek jy dit”

Dink aan die kleurwiel as ‘n prettige dansvloer waar jy kan spring en hop op verskillende patrone om kleur te verstaan.

Noudat jy baie kennis het oor kleur kom ons kyk of jy die verskillende kleur skemas in hierdie bekende werke kan identifiseer. 

Hierdie is ‘n  monochromatiese kunswerk deur Picasso.  Dit gebruik skakeerings van blou. Picasso het hierdie skildery geskilder in ‘n tyd wat hy baie hartseer en depressief was. Sy vriend het dood gegaan en jy het baie eensaam gevoel. Vir byna vier jaar het Picasso net monochromatiese skilderye geverf, en ons noem dit sy blou periode. Dit is ook interessant want nou kan jy sien hoe kleurtemperatuur ‘n rol speel in sy kunswerk.

Hierdie is ‘n skildery van harlekyne deur Picasso en dit gebruik ‘n analogiese kleurskema.  Hy gebruik hoofsaaklik rooie, perse en bloue wat langs mekaar op die kleurwiel is. Hierdie skildery is geverf deur Picasse gedurende sy Roos periode. Wat op aarde sou maak dat Picasso so ‘n dramatiese verandering sou deurgaan, van sy blou depressiewe periode tot sy prettige roos periode waar hy harlekyne en narre geverf het. Jy het reg geraai!  Hy het verlief geraak.  Die rooi dui jy nuwe passie vir die lewe aan.

N meester van kleur is Claude Monet. Hy was mal daaroor om met die kleurwiel se verskillende kleurskemas te speel. Sy lelies is meestal Analoggies kleur skemas en hier kan ons ‘n paar werke sien waar hy komplimentere kleur skemas gebruik het soms met hoe intensiteit en ander kere met lae intensitiet. 

Die Impressioniste het kleur omhels want hulle was teen die Industriёle revolusie gekant. Stede het opgevul met rookmis, stoom enjins en daar was baie besoedeling.  Mense het oor die algemeen gevoel dat masjiene besig was om hulle werk weg te neem. In hierdie skildery gebruik Monet ‘n monochromatiese kleurskema.  Dit vang die rookmis en rook wat die treine in Parys veroorsaak het vas.

Omdat kleur Monet so gefasineer het, het hy dikwels kleurreekse gedoen waar hy dieselfde onderwerp op verskillende tye van die dag sou verf. Soos die dag verby gaan, die son opkom en ondergaan, so sou die kleurtemperatuur en refleksies van die objek verander.

Het jy al ooit gewonder hoekom The Starry Night deur Vincent van Gogh so gewild was?  Dit is as gevolg van sy kleurteorie.  Dit gebruik komplimentêre kleure.  Dit is lewendig met intense kontras wat hy skep tussen oranje en donker blou. Jou oë spring rond tussen die oranje en donker blou, en dit gee die aandlug sy glinsterende effek.

Watter kleurskema gebruik Van Gogh in sy bekende Sonneblomme? Analogies, die kleure is langs mekaar op die kleurwiel.  Van Gogh is ‘n ware meester van kleur en hy gebruik komplimentêre kleure in sy kunswerke om lewe te skep, maar hy dans dikwels om die kleurwiel en gebruik verskillende kleurkombinasies.

Kyk na hierdie pragtige pot vol Irisse.  Wat is die kleurskema?  Analogies. Kan hy hierdie een raaksiens?  Dit vorm ‘n driehoek op die kleurwiel, ‘n triadiese kleurskema. it is ‘n split-komplimentêre kleurskema.  In plaas van die hoë kontras wat geskep word deur groen en rooi wyk hy af na die kante van groen en gebruik kleure langs die groen.

In hierdie kunswerk is Johannes Vermeer bekend vir die suksesvole gebruik van gesplete-komplimentêre kleure. In plaas van blou en oranje, wyk hy ‘n bietjie af en gebruik dikwels blou en geel in sy werke.

Een van gunsteling kuns reekse is die kleurvole werke deur Andy Warhol wat handel oor bedreigdespesies. 

Een van die eerste goed wat ek opgelet het in hierdie reeks is Andy se wonderlike beheer en gebruik van die kleurwiel. Sommige van hulle gebruik die bekende komplimentêre pare oranje en blou, pers en geel, groen en rooi. Die ander afdrukke in die reeks gebruik die driehoek kleurskema, bekend as die triadiese kleurskema.  Andy beweeg vrylik om die kleurwiel en skep die mees interessante en treffende kleurkombinasies in sy kunswerke.

Nog raad wat ek graag deel is om jouself te beperk tot slegs ‘n paar kleure.  Onthou, eenvoudig is die beste.  As jy te veel kleure in jou kunswerk gebruik kan dit baie gou oorweldigend en chaoties wees vir die toeskouer.

Kies ‘n paar kleure, bemeester hulle en pas hulle reg toe, dan kan jy sterk maar eenvoudige en interessante kunswerke skep.

Nog iets om in ag te neem wanneer jy kleure meng is om te onthou dat kleure nie net een ding is is nie Vra jouself af, is dit ‘n warm rooi of ‘n koel rooi?  Dit is nie net rooi nie, dis warm of koud.  In watter rigting lê dit op die kleurwiel?

Dieselfde geld vir al die ander kleure, is dit ‘n warm groen of ‘n koel groen?

Noudat jy die meeste van die kleurteorie ken, hoe gaan jy jouself uitdaag? In jou volgende kunswerk moet jy miskien ‘n analogiese werk doen of waag jou hand aan ‘n komplimentêre kleurskema.

Leave a Reply