7 Elemente van Kuns: Toon

Toon is een van die 7 elemente van kuns, tesame met lyn, tekstuur, kleur, ruimte, 2-dimensionele vorm en 3-dimensionele vorm. 

Wat is toonwaarde?

Waarde is bloot die lig en die donker van ‘n prentjie. Jy kan toonwaardes  beter verstaan as  jy dit in ‘n skaal visualiseer. Ek hou daarvan om met ‘n waardeskaal van een tot tien te werk wat gerangskik is vanaf donker tot lig. Die donkerste waarde is 100% swart en die ligste waarde is 100% wit en die middelstewaarde tussen hierdie twee uiterstes is grys.

Waarde, waardeskaal, toon, toonwaarde
Waardeskaal

Weet jy hoe om ‘n waardeskaal te gebruik?

Meeste van julle het al ‘n waardeskaal gesien, maar weet jy regtig hoe om dit in jou kuns kan gebruik? Weet jy hoe om dit op verskillende kunswerke toe te pas?

Gewoonlik waneer ons ‘n kunswerk skep, wil ons ‘n al die toonwaardes uitbeeld. As ek my waardeskaal een tot tien nommer, moet ek elke nommertjie in die tekening kan vind.

Waardeskaal, waarde, toonwaarde, toon
‘n Goeie waardeskaal

Wanneer ‘n kunswerk die hele waardeskaal van een tot tien uitbeeld, sien ons dit as ‘n goeie gebruik van toonwaarde. Nie alle kunswerke doen dit egter so nie.  Baie kunswerke gebruik slegs sekere dele van die waardeskaal en soms is dit opsetlik. Ons kan die waardeskaal in drie afdelings opdeel: die donker waardes, die middelwaardes en die ligtewaardes.

Kom ons kyk na hierdie appel. Hierdie appel gebruik net verskillende nommers van die waardeskaal en dit spring baie vinnig van baie donker na baie lig. Daar is nie waardes tussenin nie. Dit word ‘n hoë kontras genoem.

waarde, toon, toonwaarde, waardeskaal
Hoë kontras

As ons na hierdie tekening van die appel let ons op dat dit ‘n taamlike hoë waardeskaal gebruik. Dit ontbreek die toonwaardes van die donkerste area van die toonwaardeskaal.. As ons dit doen, word dit ‘n lae kontras genoem. Lae kontras beteken dat ons slegs ‘n sekere gedeelte van die waardeskaal gebruik, dit kan die ligste deel van die waardeskaal wees, of die donkerder area of die middelste area wees.

toon, toonwaarde, waarde skaal, lae toonwaarde
Lae toonwaarde

Hoe moet ons lig en donker uitbeeld?

As kunstenaars moet ons uitvind hoe om lig en donker uit te beeld. Ons sien in 3D en teken dan op ‘n 2D-oppervlak. Ons moet leer hoe om die illusie van diepte te skep. Kunstenaars skep die illusie van lig en vorm deur ‘n wye verskeidenheid toonwaardes te gebruik. 

Dit is belangrik om te weet waar die ligbron is, want lig beweeg rondom ‘n voorwerp.  As jy weet waar die lig is, dan kan jy uitwerk waar die skaduwees moet wees.  Dit sal jou help om ‘n illusie van 3D vorm te skep.  

Waar kom die lig vandaan?

Die rol van tekstuur in waardes

Dit help om die tekstuur van die voorwerp te verstaan ​​om die waardes korrek weer te gee.

Waarde, tekstuur, waardeskaal, toonwaarde, toon
Die rol van toonwaarde in tekstuur

As ons na ‘n piesangvel kyk, merk ons ​​op dat die lig in die vel geabsorbeer word en dat die waardeskaal redelik laag is. As ons na die weerkaatsings op glas kyk, is dit helder en met glans. Ons sien ‘n hoë kontras in die waardeskaal.Oorweeg dus altyd wanneer jy teken watter soort tekstuur die voorwerp is, absorbeer dit lig of reflekteer dit lig en dit gee jou ‘n idee hoe jou die waardes weergee.

Ons is geneig om waarde te beskou as slegs swart en wit, maar enige kleur, kan ook ‘n verskeie toonwaardes en skakerings hê. Elke kleur het ‘n soortgelyke skaal van donker tot lig: ons maak ‘n kleur ligter deur wit by te voeg en maak dit donkerder deur swart by te voeg. Waneer ‘n kunswerk slegs een kleur gebruik, noem ons dit monochromaties, mono beteken een, dus monochroom beteken een kleur.

monochromaties, waardeskaal, kleur
Monochromatiese kleure

Kunstenaars en kunsbewegings wat van toonwaardes gebruik maak.

Kom ons kyk nou na bekende kunstenaars en kunsbewegings wat van toonwaardes gebruik maak. 

Eerstens wil ek kyk na optiese kuns, kort vir optiese illusiekuns. Dit is eintlik onmoontlik vir ons oog om terselfdertyd op die hoogste waarde en die laagste waarde te fokus, sodat ons oog rondbons wat beweging skep. As ons hierdie hoë kontrasbeelde gebruik, lyk dit asof dit beweeg, vandaar die naam optiese kuns. 

Optical Art
Optiese Kuns

As ons na die beroemde Nederlandse kunstenaar Rembrandt van Rijn kyk, sien ons nogal dramatiese lig in sy kunswerke en dit staan ​​bekend as chiaroscuro-beligting; wanneer die meeste van die skilderye in die donkerte is en daar baie ligte areas is om op te fokus. Dit is nog ‘n interessante gebruik van hoë kontras in kuns.

Rembrandt van Rijn, toonwaarde

Soms moet ons ‘n ontspanne atmosfeer skep met baie gedempte subtiliteite, en dan is kunstenaars geneig om ‘n lae kontras te gebruik: hier het ons Monet se tonele van Londen wat regtig lae kontras gebruik om die wasigheid in die Londense lug uit te beeld.

Claude Monet, tonal value, toonwaarde
Claude Monet, Toonwaarde, Tonal Value

As ons baie besonderhede moet uitbeeld, is ons geneig om ‘n wye verskeidenheid in die waardeskaal te kies, soos jy hier Robert Mapplethorpe se werk op hierdie foto kan sien.

Robert Mapplethorpe

As jy ‘n volgende keer na ‘n bekende kunstenaar se kuns gaan kyk, moet jy jouself afvra watter waardes dit gebruik: middel toonwaardes,? Het dit ‘n hoë kontras, lae kontras en hoe laat dit jou voel?

Noudat jy die waardeskaal verstaan, moet jy leer hoe om dit op jou eie kuns toe te pas. Vra jouself af voordat jy met ‘n kunswerk begin, watter emosie wil jy oordra? Is dit ‘n sagte subtiele rustigheid; is dit ‘n dramatiese harde emosie en besluit dan of jy die hele waardeskaal of slegs ‘n sekere gebied daarvan wil insluit. 

Vra jouself ook af dat dit die doel van die kunswerk se narratief is om dit so natuurlik as moontlik te laat lyk. As dit jou doel is om dit so natuurlik as moontlik te laat lyk, sou ek aanbeveel dat jy die hele waardeskaal te gebruik; maak dus seker dat jy al tien waardes gebruik as jy dit teken.

Algemene foute

Dis nie donker genoeg nie

Meestal huiwer my studente om donker te gebruik in hul kuns, sodat die kuns effens flou lyk en dat hulle na die hoër kant van die waardeskaal sweef. As jy jouself net ‘n bietjie harder kan druk om  donkerder te gaan en die hele waardeskaal in te sluit, sal jou kuns soveel beter lyk, dit maak ‘n groot verskil.

Hoe lyk dit van ‘n afstand

Tonal value, toonwaarde, waardeskaal

Dink ook aan hoe jou kuns op ‘n afstand lyk. as jy verder wegstaan van hierdie  tekening van ‘n tekkie met ‘n lae kontras, dit smelt byna net in die agtergrond in en verdwyn

Maar as ons ver van ‘n beeld af is met ‘n goeie waardeskaal, kan ons dit op ‘n afstand sien.

Dit is dit vir ons waarde les. Ek hoop dat julle nou ‘n wonderlike geheime wapen het om jou kuns regtig wow te maak en te laat pop met behulp van die hele waardeskaal.

Koop ons werkskaarte op die skakel https://lilliangray.co.za/shop/die-7-elemente-van-kuns-werkskaarte/

Wees ook op die uitkyk vir die res van ons reeks oor Die 7 Elemente van Kuns. Lynkleur2-dimensionele vorms, 3-dimensionele vormstekstuur en ruimte

Leave a Reply