Die 7 Elemente van Kuns

Hi, ek is kunstenaar Lillian Gray en vandag gaan ek my troefkaart met julle deel, die toertjie in my  mou oor hoe om jou kuns te laat uitstaan en sodat jy kan weet wat is fout met ‘n spesifieke prentjie as dit dalk soms net vervelig lyk, en iets werk net nie.

Hoe wen jy ‘n kunskompetisie, hoe maak jy jou kunswerk onvergeetlik.

Kom ‘n bietjie nader, nee nie so naby nie, dan vertel ek jou van die 7 elemente van kuns.

Die 7 Elemente van Kuns

As jy aan die elemente van kuns dink, wil ek hê jy moet daaraan dink as bestanddele van ‘n resep.  Jy het verskeie goed nodig om iets lekker te bak.

Net so het ons die 7 elemente van kuns nodig om ‘n asemrowende kunswerk the skep.

In wetenskap praat ons ook van elemente soos suurstof en koolstof en hierdie is die elemente van lewe net soos die 7 elemente van kuns.  Daar word ook dikwels na die 7 elemente van kuns verwys as boublokke van kuns.  Ons het dit nodig om ‘n asemrowende kunswerk te skep.

Die 7 elemente van Kuns is die boublokke van goeie kuns

Hierdie 7 elemente van kuns is ‘n geheime wapen wat jy of om jou eie kuns te verbeter, of jy kan dit gebruik om ander kunswerke beter te verstaan.

Die sewe elemente van kuns is Lyn, Toon, Tekstuur, Kleur, Ruimte,  2-dimensionele vorm en 3-dimensionele vorm. 

Elke kunswerk op hierdie planeet gebruik ten minste twee van die 7 elemente van kuns, maar ek dink dit is gewoonlik meer. Gewoonlik as ‘n kunswerk vervelig is skort die element.  Dit is gewoonik as jy een van die sewe elemente verkeerd gebruik het.  

Onthou julle my video oor “What makes an artist great”, en ek het gesê dit is nie in hulle DNA nie, dit is nie ‘n talent nie, dit is nie een of ander supersel wat weet hoe om kreatief te wees nie.  Dit is eintlik om die oog te leer om te sien.  Dit is wat ‘n uitstekende kunstenaar maak, jou observasie vaardighede.

7 Elemente van Kuns

So my doel is met die sewe elemente van kuns is om jou oog te leer waarvoor om te soek vir elke liewe element van kuns.  Dit is om ‘n bewussyn te kweek sodat jy jou eie kuns kan verbeter.  

Bly ingeskakel terwyl ek delf in die sewe elemente van kuns en ons ontdek hoe ons hulle kan gebruik om jou kunswerk asemrowend te maak.  Ons gaan ook bekende kunswerke bestudeer en interpreteer.

Ons gaan ook kyk hoe bekende kunstenaars hierdie boublokke in die verlede gebruik het.

Ek is kunstenaar Lillian Gray en welkom by die 7 elemente van kuns.

Koop ons werkskaarte op die skakel https://lilliangray.co.za/shop/die-7-elemente-van-kuns-werkskaarte/

Wees ook op die uitkyk vir die res van ons reeks oor Die 7 Elemente van Kuns. Lynkleur2-dimensionele vorms, 3-dimensionele vormstekstuur, toon en ruimte

Leave a Reply