7 Elemente van Kuns: 3D Vorms

 

Hallo, ek is kunstenaar Lillian Gray en vandag gaan ons les oor 3-dimensionele vorm.

3-dimensionele vorm is een van die sewe elemente van kuns, tesame met lyn, toon, tekstuur, kleur, ruimte en 2D vorm.

Ons voeg diepte by ‘n 2-dimensionele vorm om ‘n 3-dimensionele vorm te kry. 

Wanneer 2-dimensionele vorms die derde dimensie van diepte kry, dan word dit 3-dimensionele
vorms.

Sirkels word sfere, 

vierkante word kubusse,

driehoeke word keëls of piramides. 

As kunstenaar gebruik ons allerhande vorms, maar daar is twee hoofkategorieë:

Geometriese vorms  en Organiese vorms. 3D Geometriese vorms is vorms wat met behulp van meetkunde gemaak word,

soos piramides, sfere, kegels en kubusse. Geometriese 3D vorms word algemeen aangetref in argitektuur, strukturele en siviele ingenieurswese.

Organiese vorm is oor die algemeen glad, onreëlmatig of asimmetriese.  Organiese vorms kom algemeen in die natuur voor,

maar die natuur gebruik ook soms geometriese vorms byvoorbeeld kristalle

en in ‘n byekorf. 

‘’n Goeie voorbeeld van organiese vorms  is die Spaanse argitek Antoni Gaudi se werke.

Gaudi het ‘n baie unieke styl ontwikkel.  Hy het sy liefde vir die natuur en godsdiens gekombineer  met argitektuur. Daarom het hy die bynaam gekry “God se argitek”.

Omdat Gaudi so geïnspireer was deur die natuur neem baie sy geboue ‘ organiese vorm aan. Hy het nie regtig gedetailleerde planne van sy werke geteken nie. Hy het verkies om 3-dimensionele skaalmodelle te skep en dan nog klein besonderhede by gevoeg. 

Vandag geniet Gaudi se werke wêreldwye gewildheid en bewondering. Een van sy meesterstukke is nog onvolledig, die Sagrada Familia maar is die mees besoekte monumente in Spanje.

Dikwels kombineer Argitekte geometriese en organiese vorms om visueel interessante huise en ruimtes te skep. Een van my gunsteling geboue is die Zeitz Mocca Kunsmuseum in Kaapstad Suid-Afrika.

Argitek Thomas Heatherwick kombineer geometriese vorms en organiese vorms suksesvol.

Die museum was vroeër ‘n graansilo en hy was gevra om dit in ‘n kunsmuseum te verander.

Toe Thomas en sy span begin werk het aan die gebou het hulle van die oorspronklike mielies op die vloer van die silo opgetel.

Thomas het afgebuk,  een van die korrels op getel en is dadelik geïnspireer deur die natuur. Hulle het die mieliepit digitaal  geskandeer en  die pit vergroot tot 10 verdiepings hoog.

Toe gebruik hulle dit as ‘n kerfpatroon. Die massiewe mieliepit vorm die negatiewe ruimte in die silo’s wat besoekers ‘n deursnit aansig gee van die struktuur.

Die konstruksiewerkers het handsae gebruik om die snywerk noukeurig te doen, om die kurwes van die innerlike ruimte van die gebou te vertoon. Maar al die moeite was die moeite werd!

Ek is net verlief op hierdie wonderlike ruimte wat geskep word deur die kombinasie van geometriese vorm en organiese vorm. 

In kuns kan vorms werklik of visueel wees. 

As kunstenaars, moet ons dikwels ‘n 3-dimensionele-voorwerp uitbeeld op ‘n 2-dimensionele oppervlak.

Dus moet ons ‘n illusie van 3D vorm in skilderye en tekeninge skep. Die vorm is slegs visueel, want dit is net ‘n illusie. 

Met beeldhouwerk is die vorm werklik, jy kan letterlik daaraan vat. 

Deesdae gebruik kunstenaars ‘n verskeidenheid materiale om beeldhouwerk mee te skep. Die meer tradisionele metodes sluit klei, brons en yster in.

Meer moderne tegnieke sluit in hars, draad, chroom en verskillende voorwerpe wat jy sommer kan optel. 

 

Met die koms van die vierde industriële revolusie het kuns en tegnologie meer verstrengel geraak.

Baie kontemporêre kunstenaars eksperimenteer met allerhande tegnologie om unieke kunswerke te skep.

Die Nederlandse kunstenaar Oliver van Hoopt het ‘n 3D drukker gebou wat nie met plastiek druk nie,maar met klei.

Gewoonlik wanneer ons voorwerpe met masjiene skep kan dit perfek lyk en die menslike element verloor. Maar van Hoopt se masjien is anders.  Sy 3D dukker het sensors wat vorms en teksture uit die omgewing naboots. Die resultate is pragtige unieke keramiek wat gedruk word met naturlike onvolmaakte karaktereienskappe.

Kunstenaar Nathan Sawaya skep sy beeldhouwerke met lego-blokkies!  Hy skep ongelooflike beelde van mense met net lego.  Sy bekendste werk is waarskynlik sy werk “Yellow” dit beeld sy emosionele proses uit toe hy die sakewêreld gegroet het om ‘n voltydse legokunstenaar te word.

Kom ons keer terug na 2-dimensionele kuns.

Hoe skep ons ‘n illusie van 3D vorm in ons skilderye en tekeninge.

Daar is ‘n paar tegnieke wat ons kan gebruik, insluitend lyn, toon en kleur. Hierdie drie is ook deel van die sewe elemente van kuns.

Ons kan lyne gebruik om diepte te skep. Dit word perspektieftekeninge genoem.

In perspektieftekeninge gebruik ons slegs lyne, geen waarde of kleur nie.

Ek geniet dit regtig om na die New York straatkunstenaar  Akashi Niholani se werk te kyk.

Hy gebruik hoofsaaklik lyne om ‘n wonderlike diepte te skep wat speels en plesierig is. Sy kuns is opvallend en bedoel om kykers se vervelige daaglikse roetines te onderbreek met ‘n oomblik van onverwagse plesier.

Hy skep hierdie 3-dimensionele geometriese illusies met helderkleurige kleefband. Dit is ongelooflik om te sien hoe hy hierdie 3-d op 2-d oppervlaktes skep, slegs deur lyne te gebruik.

Niholani se kuns is duidelik bedoel om kykers se aandag te trek en hulle verbeelding aan te gryp.

Die volgende tegniek wat ek vir julle moet wys is toonwaarde wat geskep word met skaduwees.  As jy ‘n illusie van 3-D moet skep, is dit eerstens belangrik om die ligbron te identifiseer. 

As jy met ‘n verwysing werk, vra jouself eers af waar kom die lig vandaan?  

Dit is belangrik om te weet waar die ligbron is, want lig beweeg rondom ‘n voorwerp.  

As jy weet waar die lig is, dan kan jy uitwerk waar die skaduwees moet wees. 

Dit sal jou help om ‘n illusie van 3D vorm te skep.  

Om gedetailleerde vorms in die kunste uit te beeld met al die klein hobbels en skeure, gebruik ons ‘n wye waardeskaal, maar ons kan ook vorms skep met ‘n beperkte hoeveelheid waardes.

Straatkunstenaar Banksy skep vorm met ‘n hoë kontras, gewoonlik deur net  wit, swart en grys te gebruik.

Hy gebruik net drie toonwaardes om ‘n illusie van 3d te skep.  Sy figure lyk 3-dimensioneel van ‘n afstand af, self al is sy waardeskaal uiters beperk. 

Kunstenaars kan ook vorm skep deur die gebruik van kleur.

Donker kleure en koue kleure is geneig om weg van die oog te beweeg, waar ligter kleure en warm kleure geneig is om nader aan die oog te beweeg.

Jy kan lekker vorm met kleur skep wanneer jy die  warm kleure plaas op die ligste areas van die voorwerp en koue kleure plaas op die kante of skadu areas.

Ek wil jou vertel van ‘n wonderlike kunsbeweging Trompe L’oeil. Dit beteken om die oog te flous.

Dit is ‘n soort kunswerk wat ‘n optiese illusie skep. Dit is realisties dat dit jou oog flous. Mense glo iets is 3D waar dit eintlik net 2D is.

Tompe L’oeil kunstenaars is so goed met die illusie van vorm dat hulle rondgaan en mense flous met dit. 

Mense is geneig om te dink hierdie kuns tendens het in die 17de eeu onder Nederlandse kunstenaars ontstaan, maar eintlik dateer hierdie flousery terug na die antieke Grieke en Romeine. In die stad Pompeii was dit gebruik as muurskilderye.  om ‘n venster, of deur of ‘n gang voor te stel wat veronderstel was om ‘n vertrek groter te laat lyk.

Mense het dit gebruik om ryker voor te kom as wat hulle regtig is. 

‘n Antieke Griekse verhaal vertel van ‘n kompetisie tussen twee bekende skilders Zeuxis en Parrhasius. 

Zeuxis het ‘n skilderye geskilder wat so oortuigend was dat voëls afgevlieg het om aan die druiwe te pik.

Dit het Parrhasius baie jaloers gemaak.  Hy het niks gehou van al die aandag wat Zeuxis gekry het nie. Hy vra toe vir Zeuxis om asb te kom kuier en hom te kom help met een van sy skilderye. 

Die skildery was agter gordyne en Parrhasius vra toe vir Zeuxis om die gordyne oop te trek sodat hy die skildery kan sien, maar toe Zeuxis probeer, kon hy nie! Die gordyne was deel van die kunswerk.

Parrhasius was so beindruk met homself en het die beste kunstenaar in die distrik geword.   

Tydens die Renaissance is Trompe L’oeil gebruik om die indruk van groter geboue met hoër plafonne en groot uitgebreide kamers te skep.

Hulle het dit gekombineer met perspektieftekeninge en verkorting om mense te mislei om te glo dat die gebou baie hoër en wyer was as wat dit eintlik was. 

Tydens die Barok era is Trompe L’oeil is gebruik om die plafon of koepels opties oop te maak om die hemel voor te stel, waar Marie en Jesus neerdaal. 

Dit sou dan voorkom asof jy reguit in die hemel in kyk.

 

Tydens die 17de eeu het Trompe L’oeil skilderye baie gewild in Vlaamse en Nederlandse skilderye geword. Die Nederlanders  het altyd tyd vir ‘n ou grappie.

Hierdie kunstenaars is lief om mense te flous, en hulle sou byvoorbeeld ‘n pak speelkaarte op ‘n tafel verf en lag as ‘n vriend dit probeer optel en hulle wou uitdaag tot ‘n speletjie. 

‘n Besonderse indrukwekkende voorbeeld is deur Jan van der Vaardt geskilder. Dit is ‘n viool wat aan ‘n deur hang en baie mense het dit tot vandag toe nog probeer optel en speel.

Vandag verskyn Trompe lL’oeil in teaters, straatkuns en selfs in spotprente.

Jy moet onthou dat Trompe L’oeil ‘n kunsstyl is wat jou laat twyfel of dit wat jy sien, waar is.. Dit is die illusie van vorm en diepte wat kunstenaars gebruik om ons oё te mislei.

Dit is maar ‘n paar van die maniere waarop kunstenaars vorm en diepte in hul werk insluit.

Is daar ‘n spesifieke styl of tegniek waarvan jy baie gehou het, wat jou oog gevang ?

Om verskillende benaderings te bemeester sal vir jou ‘n onbeperkte opsies gee wanneer jy jou eie kunswerke skep.Dit sal jou in staat stel om jou kykers te flous op enige manier wat jy kies.

Dit is dit vir ons sewe elemente van kuns video reeks.

Ek hoop julle het dit geniet. 

Besoek ons webwerf en koop ons werkskaarte om die sewe elemente van kuns te verstaan en gebruik.  Dit is ‘n wonderlike bron vir onderwysers om tyd te spaar.

Die skakel om ons werkskaarte te koop is in die beskywing hier onder.

Leave a Reply